Taslima Nasrin (Mymensingh, 25 Augustus 1962, Bengaals: তসলিমা নাসরিন) is 'n Bengaalse skrywer en feminis wat vroueregte, menseregte en sekulêre humanisme in Bangladesh ondersteun.[1] Sy woon deesdae in ballingskap in verskeie lande.[2] Sy het geneeskunde met spesialisasie in ginekologie gestudeer. Sy het tot 1994 as 'n dokter vir die goewerment gewerk. In die laat 1990's het sy wêreldberoemd as 'n skrywer geword. Sedert 1993 is Nasrin vir 'n paar keer met die dood deur moslimekstremiste gedreig omdat sy gereeld die Islamitiese godsdiens kritiseer. Nasrin is 'n ateïs.